Ons woon baie naby aan Hampton Court-paleis in Londen, die afgelope week het ons die BBC se Good Food’s Festive Feast van 8 tot 10 Desember bygewoon.
Ons het ons kersvoorrade aangevul met bederfies wat deur vaklui geskep is – en net betyds vir Kersfees! Wonderlike geskenke vir kosliefhebeers! Ons het die vermaak geniet, asook met kersliedjies en feestelike klassieke musiek deur plaaslike kore saamgesing.
Ons is geïnspireer deur die kookdemonstrasies in die Feeskombuis. Ons het ons ook vergaap aan die Tudor-akteurs by dié historiese paleis en die oggenddiens in die kerkie bygewoon, asook ’n orreluitvoering deur Richard Hills. Hoewel die weer Vrydag nog sonnige, dog koud was, het dit Sondag begin sneeu.
Looking for Cheap Flights or need a Room, Hostel or Hotel or Cheap Car Hire?<


