
Nie net is Chemoney Swanepoel (18) van Algoapark in die Baai (Port Elizabet) ’n model nie, sy is ook ’n bodybuilder. Niks is te veel vir dié blonde dame nie en sy pak alles wat sy doen met vasberadenheid aan.
Swanepoel het onlangs aan die SA Natural Body Building Championships in Jansenville deelgeneem.
Sy en die 66-jarige Daniel January van Algoapark sal volgende maand na Spanje vertrek vir die wêreldkampioenskappe.
Swanepoel het egter borgskappe nodig om haar visum, vliegtuigkaartjie en paspoort te betaal.
Sy het eers vanjaar begin bodybuilding beoefen, maar het in ’n kort tydjie reeds hoogtes bereik.
Sowat twee maande gelede het sy Dave’s Gym se kompetisie gewen, en toe verlede maand die Natural Body Building Championships se bikini-kategorie gewen.
“Nadat ek dit die eerste keer gedoen, die gevoel daarvan gekry en gewen het, het ek besluit dat ek dit verder wil vat en in ’n leefstyl wil verander,” vertel Swanepoel.
“Liggaams