
Mnr. Eckhart Mueller (foto links), die uitvoerende direkteur van die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt), en sy adjunk, mnr. Heimo Hellwig (foto regs), is omstreeks sesuur vanoggend na bewering koelbloedig doodgeskiet toe hulle vir werk by dié kampus opdaag.
Dit blyk hulle het albei pas aangekom en was op die punt om die voordeur van die administratiewe gebou oop te sluit toe ‘n onbekende aanvaller na bewering op hulle losgebrand het.
‘n Getuie in die omgewing het “baie skote gehoor wat afgevuur word”. In hierdie stadium is die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, komm. Erastus Iikuyu, nog nie bereid om meer inligting aan die media bekend te maak nie.
‘n Verdagte is nog nie geïdentifiseer nie.
Die media is ook nie toegelaat om foto’s op die toneel te neem nie.
Die polisie is besig om geskokte personeellede en studente huis toe te stuur.
09:15 – NUWE INLIGTING
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasio